Quantcast
Channel: Anita Rossouw – SARIE
Viewing all 163 articles
Browse latest View live

Brei warm handskoene

$
0
0

Met een groot bol breidraad en maklike mossteek is dit vinnig om vir jou dié handskoene te brei

Grootte

Pas gemiddelde handgrootte vir 4 – 6 jaar (7 – 9 jaar; 10 – 12 jaar; volwassene)

Benodigdhede

1 [1; 1; 1] x 100 g-bol Elle Pure Gold Chunky; 5,5 mm- en 6 mm-breipenne.

Spanning

14 ste en 22 rye in pat met 6 mm-penne = 10 cm

Brei só

Brei 2:

H/aan 26 [26; 30; 30] ste met 5,5 mm-penne.

1e ry: * R 2, aw 2, her van * tot by laaste 2 ste, r 2.

2e ry: Aw 2, * r 2, aw 2, her van * tot einde. Dié 2 rye is 2×2-rif. Brei in 2×2-rif verder tot werk 5 [5; 6; 6] cm is, eindig met ’n RK-ry.

Vlg ry: Rif tot einde en vmin 3 [1; 3; 3] ste eweredig in ry. 23 [25; 27; 27] ste. Gaan oor na 6 mm-penne en brei soos volg verder:

1e ry: * R 1, aw 1, her van * tot by laaste st, r 1. Dié ry stel mos-pat vas. Hou pat nou deurgaans so korrek vol en brei nog 3 [3; 3; 5] rye.

Fats duim

Net vir regterhandskoen

1e ry: Pat 11 [13; 14; 14], vmeer in vlg 2 ste, pat 10 [10; 11; 11]. 25 [27; 29; 29] ste.

2e en elke alt ry: Pat.

3e ry: Pat.

5e ry: Pat 12 [14; 15; 15], vmeer in vlg 2 ste, pat 11 [11; 12; 12]. 27 [29; 31; 31] ste.

7e ry: Pat 13 [15; 16; 16], vmeer in vlg 2 ste, pat 2, h/aan 1 st, dr.

Net vir linkerhandskoen

1e ry: Pat 10 [10; 11; 11], vmeer in vlg 2 ste, pat 11 [13; 14; 14]. 25 [27; 29; 29] ste.

2e en elke alt ry: Pat.

3e ry: Pat.

5e ry: Pat 11 [11; 12; 12], vmeer in vlg 2 ste, pat 12 [14; 15; 15]. 27 [29; 31; 31] ste.

7e ry: Pat 12 [12; 13; 13], vmeer in vlg 2 ste, pat 2, h/aan 1 st, dr.

Vir albei handskoene

8e ry: Pat 8 [8;10; 10], h/aan 1 st, dr. Brei slegs oor dié 9 [9; 11; 11] ste verder en brei nog 7 [9; 9; 11] rye.

Vlg ry: Pat 1, (pat 2 tes) 4 [4; 5; 5] keer. 5 [5; 6; 6] ste. Knip breidraad af, steek breidraad deur oorbl 5 [5; 6; 6] ste, trek styf en h/af. Werk duimnaat toe. Met RK na voor, tel op en r 1 [1; 3; 3] ste by basis van duim, pat tot einde. 23 [25; 27; 27] ste.

Vlg ry: Pat. Brei nog 12 [12; 14; 16] rye. Gaan oor na 5,5 mm-penne en brei nog 2 rye.

Fats bokant

1e ry: Pat 2 tes, pat 7 [8; 9; 9], pat 2 tes, pat 1, pat 2 tes, pat 7 [8; 9; 9], pat 2 tes. 19 [21; 23; 23] ste. Brei 3 rye.

5e ry: Pat 2 tes, pat 5 [6; 7; 7], pat 2 tes, pat 1, pat 2 tes, pat 5 [6; 7; 7], pat 2 tes. 15 [17; 19; 19] ste. Brei 3 rye.

9e ry: Pat 2 tes, pat 3 [4; 5; 5], pat 2 tes, pat 1, pat 2 tes, pat 3 [4; 5; 5], pat 2 tes. 11 [13; 15; 15] ste. Brei 1 ry. H/af in pat.

Afwerking

Werk bo- en synate toe.

Lees nou:

Gratis Augustus-kalender in Afrikaans

Romantiese liggies

Hekel fyn blommetjies

 

The post Brei warm handskoene appeared first on SARIE.


Hang aan ’n tak

$
0
0

Ontdek die skoonheid van ’n droë tak en hang dit in jou huis op vir die mooi, of maak ’n praktiese kapstok daarvan.

1. Stal dit uit teen die muur

As jy weer ’n lang ent langs die see gaan stap, kyk of jy ’n mooi stuk dryfhout kan kry. Skroef mooi hake hieraan en hang dit in jou kombuis op vir hangplek vir bekers of vadoeke.

takke1

FOTO Ryno

 

2. Maak jou stoep mooi

Op hierdie stoep is ’n groot tak vir versiering gehang. Dis getooi met papiervoëltjies, maar lyk net so mooi daarsonder.

takke2

FOTO Ryno

 

3. Hang kerse daaraan

Glaskershouers is aan die tak gehang om ’n warm atmosfeer op die beskutte stoep te skep.

takke3

FOTO Ryno

 

4. Versier die kombuis

Die droë tak het ’n ereplek in die kombuis. Rangskik dit in ’n ysterkruik vir ’n aardse gevoel.

takke4

FOTO Ryno

 

5. Maak tuin in die badkamer

Spuitverf of verf ’n tak wit en rangskik dit in jou badkamer. Hierdie tak herinner aan ’n stuk seewier.

takke5

FOTO Ryno

Lees nou

’n Plan met ’n ottoman

Brei ’n trendy flamink-kussing

Aankondiging: Kleur van die jaar vir 2017

 

The post Hang aan ’n tak appeared first on SARIE.

5 funksies vir ’n werkbank

$
0
0

As jy begin huis opsit, is ’n praktiese werkbank iets wat bo-aan jou lysie kan staan. Dit kan vir verskillende funskies dwarsdeur die huis gebruik word en bied ook ekstra pakplek. Dis te koop in verskillende groottes by houthandelaars of ysterwarewinkels.

1. ’n Tikkie Franse flair

n Paar lae verf en ’n ekstra klein gewel aan die bokant sorg dat dié werkbank in enige leefruimte kan staan. Pak jou ekstra grootborde en bakke waarvoor daar geen ander plek is nie, op die onderste rakke.

sr0607dekor04.tif

FOTO Inge Prins

 

2. ’n Mini-kombuis

Hier is n slim plan vir ’n student of as jy dalk ’n vertrek op kort termyn wil verhuur, maar daar is geen kombuisgeriewe nie. Skroef ’n vadoekreling aan die voorkant en bokant van die werkbank vas en plak ’n ry teëls aan die agterkant teen die muur. Pak die nodige kombuis-items op die rakke en gebruik die blad as werkvlak.

Webwerkb2

FOTO Ryno

 

3. Kombuiseiland

Plaas ’n werkbank sό dat dit dien as verdeling tussen die kombuis en eetruimte. Dit is ’n gerieflike hoogte om by te staan en kos voor te berei.

sw09kombius1.tif

FOTO Ryno

 

4. Ekstra pakplek

n Werkbank met ’n gordyntjie voor versteek al die goed wat ’n oogseer in ’n kombuis kan wees. En as jy nie ingeboude kombuiskaste kan bekostig nie (of nie daarvan hou nie), is ’n werkbank ’n goeie opsie.

Werkb4

FOTO Ryno

 

5. Badkamerkas

Met mooi rooi teëls, twee wasbakke vir hom en haar en plek vir al die skoon handdoeke kry ’n werkbank nόg ’n funksie.

werkb5

FOTO Ryno

Lees nou

Só kies jy die regte duvet

Moderne idees met doilies

5 redes waarom jy fluweel moet kies

 

The post 5 funksies vir ’n werkbank appeared first on SARIE.

Versier met papier

$
0
0

Hier is ’n paar idees vir mooigoed uit ’n vel of twee nederige papier.

1. Langs die straat

’n Kandelaber hoef nie altyd peperduur en glinsterend te wees nie. Sulke sterre kan jy koop by straatsmouse wat in draad- en papierwerk spesialiseer, of jy kan hulle vra om dit vir jou te maak. Bind dit in ’n tros saam en elektrifiseer ’n paar van hulle vir ’n unieke kandelaber, of hang dit om ’n bestaande lig.

sr0701dekor02.tif

FOTO Inge Prins

 

2. Maak ’n papierskildery

Koop ’n kunstenaarsdoek. Knip ewe groot blokkies uit gekleurde papier (ons het ou tydskrifte gebruik). Rangskik na jou smaak op die doek en plak dit net aan die bokant van die blokkies vas sodat die “skildery” tekstuur het.

sr0701dekor03.tif

FOTO Inge Prins

 

3. Graffiti

Maak jou eie muurpapier deur mooi letters en eenvoudige lynsketse op A4-papier te fotostateer en dit met spuitgom teen jou mure te plak.

sr0701dekor04.tif

FOTO Inge Prins

 

4. Potte van papier

Draai afvalstukke muurpapier om glaspotte. Knip van die kleiner motiewe uit die plakpapier en vir ’n driedimensionele voorkoms plak dit ooreenstemmend op die pot vas met spieël-plakband. Gebruik ’n kwart pakkie plakpapiergom, maak aan volgens instruksies, maar voeg nog 1 koppie koue water by. Week geskeurde stroke ongedrukte papier in die gom om papier-mâché te maak. Smeer Vaseline om interessante vorms en draai toe in kleefplastiek. Plak minstens 5 lae mâché hieroor. Laat kurkdroog word en glip van die vorm. As dit moeilik afkom, sny oop aan agterkant en wikkel vorm uit. Plak weer toe met gomstroke.

sr0701dekor01.tif

FOTO Inge Prins

 

5. Koop dit

Sulke bakkies papier-mâché is te koop by geskenkwinkels en kurio-winkels. Dit maak ’n mooi kleurkol in enige vertrek.

papier5

FOTO Inge Prins

Lees nou

Só kies jy die regte duvet

Moderne idees met doilies

5 redes waarom jy fluweel moet kies

The post Versier met papier appeared first on SARIE.

Borduur ’n bokkop op gaatjiesbord

$
0
0

Maak ’n slim rakkie vir jou kombuismuur met ’n stuk gaatjiesbord, oorskietwol en ’n afvalplankie.

grafiek.16crop

Maak so

Laat sny ’n gaatjiesbord (masonite) van 60 x 60 cm en verf dit in ’n kleur van jou keuse. Jy kan enige kruissteekpatroon kies waarvan die telpatroon nie meer as 23 is nie. Gebruik n dubbele breidraad, grootoognaald en borduur die kruissteke volgens die grafiek. Gebruik ook foto as verwysing. Kap die gaatjiesbord teen die muur vas met Hilti-spykers en installeer die rakkie bo die gaatjiesbord. Gebruik spesiale gaatjiesbordhakies (te koop by ysterwarewinkels) om jou vadoeke en bekers aan op te hang.

Lees nou

5 funksies vir ’n werkbank

Hang aan ’n tak

Só kies jy die regte duvet

The post Borduur ’n bokkop op gaatjiesbord appeared first on SARIE.

Tydlose swart-en-wit

$
0
0

As jy radeloos is oor die kleurskema van ’n vertrek, kies dan swart-en-wit, want jy kan enige ander kleur daarby inbring as jy wil, dis altyd in die mode en jy raak nooit moeg daarvoor nie.

1. Klassiek-modern

Begin by die vloer. ’n Swart-en-wit vloer van Marley-teëls (Floorworx) pas by byna enige vertrek. Dis veral treffend in ’n voorportaal of badkamer, maar werk selfs in ’n leefvertrek. Die raam van die Franse-styl stoel is wit geverf en gee dit ’n kontemporêre gevoel.

FOTO Inge Prins

FOTO Inge Prins

 

2. Maak ’n foto-galery

Maak ’n interessante raam deur jou afdruk tussen twee stukke glas vas te klamp met ’n sterk skryfbehoefte-knip aan die bo- en onderkant. Hang op aan die gaatjie in die knip.

FOTO Inge Prins

FOTO Inge Prins

 

3. So groot moontlik

Laat maak ’n reuse-afdruk van jou gunsteling-foto en monteer dit tussen twee stukke perspeks. Plak die perspeks om die rande met kleurlose silikoongom aanmekaar vas. Kyk hoe mooi is die swart-en-wit teëls hier gelê.

sr0104kreatief4.tif

FOTO Verskaf

 

4. Hou dit ordelik

Met die inkleurmania wat ons beetgekry het, is dit ’n oulike plan om jou kryte bymekaar te hou. Was ’n blik silwerskoon, verwyder die etiket en maak droog. Plaas ’n vel wit en ’n vel swart papier opmekaar. Teken liggies 3 x 3 cm-blokkies daarop uit en skeur die twee velle papier tesame so netjies moontlik al op die lyne langs. Plak met ’n gomstiffie (smeer veral die hoeke) op die blikkie in ’n ruitpatroon. Verseël met ’n lagie Modge Podge (by stokperdjiewinkels te koop).

0109selfmaak4.tif

FOTO Verskaf

 

5. In die winkel

Dié parmantige klein stoeltjie/sytafel (R1 295) is handgeweef en te koop by Weylandts.

Lees ook

Versier met papier

5 funksies vir ’n werkbank

Hang aan ’n tak

The post Tydlose swart-en-wit appeared first on SARIE.

’n Nuwe lewe vir ’n vadoek

$
0
0

Het jy ook “wegsteek-vadoeke”, daardie wat jy nie wil gebruik nie oor dit vir jou te mooi is? Hier is ’n paar planne …

1. Blok dit

Koop ’n kunstenaarsdoek wat sowat 4 cm rondom kleiner is as jou vadoek en span dit daaroor. Of gebruik ’n afvalplank wat jy op maat laat sny, span die vadoek daaroor en kram aan die agterkant vas met ’n kramgeweer.

vadoek1

FOTO Ryno

 

2Raam dit in ’n groep

Vadoeke word gewoonlik in pakke van 3 verkoop. Raam dit met interessante rame. Ons het dié rame laat lasersny.

vadoek2

FOTO Ryno

 

3. Trek ’n sitplek oor

’n Ottoman word ’n eetkamerbankie as jy ’n “rokkie” van ’n paar vadoeke maak. So nie, trek ’n los sitplek daarmee oor of maak kussings vir jou eetkamerstoele.

vadoek3

FOTO Ryno

 

4. ’n Blits-blinding

Kram Velcro aan jou vensterraam vas en stik die ooreenstemmende strook aan jou vadoek vas. Werk ’n knopie in elke boonste hoek van vadoek vas en ’n smal lintlussie aan elke onderpunt vas. Om die blinding oop te maak, vou jy die vadoek na bo en haak die lussies oor die knope.

sr0611dekor08.tif

FOTO Inge Prins

 

5. Om te koop

Dié mooi vadoek is te koop by H&M (R59,99). Dit sal ook ’n mooi slaapkussing-oortreksel maak.

hmprod (2)

FOTO H&M

 

Lees nou

Versier met papier

5 funksies vir ’n werkbank

Hang aan ’n tak

The post ’n Nuwe lewe vir ’n vadoek appeared first on SARIE.

5 feite oor organiese katoen

$
0
0

Om as ’n organiese boer te kwalifiseer, moet jy boerderymetodes gebruik wat aan streng regulasies voldoen.

1. Katoenboere moet op sό ’n manier boer dat dit gesond vir die omgewing en plaasmense is.

2. Katoenplante word gekweek volgens metodes wat min impak op die omgewing het. Organiese produksiesisteme put nie die grond uit nie, dit bewaar en voed dit eerder. Geen giftige en toksiese insekdoders en sintetiese voedingstowwe word gebruik nie.

3. Die grond word gesond gehou met wisselbou – dit beteken katoenplante word afgewissel met ander soorte plante. Grond word vogtig gehou met natuurlike, organiese kompos. Gesonde grond help ook met onkruid en plaagbeheer.

decor_024

FOTO Ryno

4. Giftige peroksied  word nie gebruik om katoen te bleik nie.

5. Die katoenvesel word gekleur met kleurstowwe wat ’n lae persentasie metale en sulfate bevat.

Silke

FOTO Tasha Seccombe

Lees nou

’n Nuwe lewe vir ’n vadoek

Tydlose swart-en-wit

Só bly jou handdoeke sag

The post 5 feite oor organiese katoen appeared first on SARIE.


Kies die regte koffietafel

$
0
0

Soveel style, soveel smake – kies ’n koffietafel wat by jou dekor en persoonlikheid pas.

1. Aweregs

Die Pretoriase kunstenares Elsbeth Eksteen het vir haar ’n groep tafeltjies gekies wat as sytafels of koffietafels gebruik kan word. Die man in haar lewe, Hartmut Martin, het dit gemaak en sy het vir elkeen ’n stel sokkies gehekel.

koffie1

FOTO Ryno

 

2. Kothuisstyl

Is jou styl meer kothuis? Dan is ’n ou kis net die ding. Moderniseer dit ’n bietjie deur dit in ’n ligte kleur soos Dulux Eggshell se Jungle Fever 6 te verf.

koffie2

FOTO Ryno

 

3. Kontemporêr

Die reuse-houtstomp, met ’n effens hoër draadtafel daarby, pas goed by ’n meer moderne interieur. Net die bokant van die houttafel het ’n blink oppervlak wat ’n mooi ligspeling en kontras maak.

koffie3

FOTO Ryno

 

4. Skandinawiese invloed

Hierdie May-koffietafel (R5 495) van Weylandts het ’n marmerblad en sal by moderne sowel as tradisionele dekor pas.

 

5. Elegant industrieel

Die praktiese Carina-koffietafel  (R5 995) van Block & Chisel pas perfek by die nuutste industriële trend.

Lees nou

’n Nuwe lewe vir ’n vadoek

Tydlose swart-en-wit

Só bly jou handdoeke sag

The post Kies die regte koffietafel appeared first on SARIE.

Skep warmte met tafellampe

$
0
0

’n Maklike manier om atmosfeer te skep is die gebruik van losstaande tafellampe. Vertrekke benodig ook meer as een ligbron vir taakbeligting. ’n Ander voordeel van ’n tafellamp is dat jy dit maklik kan rondskuif om nou en dan jou spasie se voorkoms te verander. Ons wys ’n paar tafellamp-idees.

1. Ou lampskerms word nuut

Moenie sommer die draadraam van ’n ou lampskerm weggooi nie. Met stroke geskeurde lap, mooi lint en gom kan ’n verwaarloosde skerm weer splinternuut lyk. ’n Praktiese wenk is om ’n gomstiffie soos Pritt te gebruik wat nie sal verkleur nie. Hou jou lap in posisie met wasgoedpennetjies totdat die gom droog is.

lamp1

FOTO Ryno

 

2. Trek ’n hekelrokkie aan

Die gehekelde skerm sal ’n glimlag op almal se gesig sit! ’n Reguit strook is gehekel wat rondom ’n bestaande skerm pas en dis net aan die bokant van skerm vasgeplak met ’n gomstiffie. ’n Mooi lint bedek die borand.

lamp2

FOTO Ryno

 

3Moderne lamp saam met aardse dekor

Jou keuse van ’n staanlamp kan ’n hele vertrek se voorkoms verander. Die moderne tafellamp verleen interessantheid saam met ruwe hout, doringtakke en growwe teksture.  

lamp3

FOTO Ryno

 

4. Staanlamp met glasbasis, Block & Chisel

 

5. Staanlamp met metaalbais, Woolworths.

 

Lees nou

’n Nuwe lewe vir ’n vadoek

Tydlose swart-en-wit

Versier met papier

 

The post Skep warmte met tafellampe appeared first on SARIE.

Bling jou fotoraam binne minute

$
0
0

Almal geniet iets wat blink, veral as dit saam met een van jou gunsteling-herinneringe is. In dié kort video wys ons jou hoe om ’n doodgewone fotoraam ekstra mooi te maak. ’n Lekker tydverdryf, vir die mans ook! 

Benodigdhede
• fotoraam
• goudblad (jy kry ook koper-, ougoud en silwerblad)
• koperbladgom (sizing)
• goudbladkwas of ’n kwas met baie sagte hare

1 Verf ’n dun egalige laag gom aan die raam.
2 Laat droog word vir 15 minute.
3 Skeur repe goudblad af en plaas op raam totdat die hele raam bedek is.
4 Druk liggies vas met jou vingerpunte.
5 Laat vir minstens 2 uur lank droog word.
6 Borsel los stukkies goudblad af met ’n skoon, droë kwas*.

*Maak kwas skoon met terpentyn

Lees ons nuusbrief HIER

The post Bling jou fotoraam binne minute appeared first on SARIE.

Maklike strepieskombers om te hekel

$
0
0

As jy eers die slag van die patroon het, sal dit sommer vinnig gaan om die kombers te hekel. Die steekpatroon vorm ’n dik tekstuur en word in rye gehekel.

Grootte

Sowat 140 cm wyd en 146 cm lank.

Benodigdhede

100 g-bolle Elle Pure Gold Chunky: 14 bolle elk in kleure A: Lily (033) en B: Mist (203) en 15 bolle in C: Midnight (005); 5,5 mm-hekelpen.

Afkortings

Beg – begin; dr – draai; her – herhaal; kb – kortbeen; ks – kettingsteek; lb – langbeen; vlg – volgende

Hekel só

Beg met kleur A en hekel lossies ’n ketting van 164 ks, dr.

Vlg ry: Slaan 2 ks oor (= 1e lb), 1 lb in elke ks tot end, dr.

Vlg ry: 1 ks, 1 kb in elke lb, eindig met 1 kb in 2e van 2 ks, dr.

Vlg ry: 1 ks, 1 kb in elke kb tot end, dr **.

1e ry: Neem kleur B, 1 ks, 1 kb in elk van vlg 3 kb, 1 lb lossies rondom bokant van lb in kleur A, 1 lb in bokant van vlg 2 lb, * 1 kb in elk van vlg 3 kb, slaan 3 lb van 1e ry oor, 1 lb rondom bokant van vlg 3 lb van 1e ry, her van *, eindig met 1 lb in laaste 3 kb.

2e ry: 2 ks (= 1e lb), 1 lb in elke kb en lb van vorige ry.

3e ry: 1 ks, 1 kb in elke lb tot end, dr.

4e ry: 1 ks, 1 kb in elke kb tot end, dr. Neem kleur C en her laaste 4 rye. Neem kleur A en her laaste 4 rye **.

Her van ** tot ** tot verlangde lengte.

Randafwerking

Neem C en hekel rondom as volg: 2 kb in vlg 2 ste, slaan 2 ste oor, * 2 lb in vlg st, 3 ks, 1 kb in 2e ks, 1 ks, 2 lb in dies st, slaan 2 ste oor, 2 kb in vlg 2 ste, her van * rondom, heg af.

Lees nou

Borduur ’n bokkop op gaatjiesbord

Brei warm handskoene

Romantiese liggies

The post Maklike strepieskombers om te hekel appeared first on SARIE.

Donker mure

$
0
0

In ’n land met meestal bloedige warm somers is donker mure ’n goeie keuse. Dit lyk en voel lekker koel in die hitte. En in die winter kan jy atmosfeer skep met kussings en dekens in warm kleure of ’n kaggelvuur wat skadu’s teen die muur gooi. En ja, jy kan dit in letterlik enige vertrek gebruik.

1. In die eetkamer

Cornel Strydom van Pretoria skrik nie vir kleur – lig, donker of helder – nie. Vir haar eetkamermure het sy Dulux se Night Jewels 3 gekies, en op die vloer het sy dié grys herhaal. Die voorkoms is versag met geblomde stoele en gordyne.

mure1

FOTO Ryno

 

2. In die kombuis

Hier het Cornel ook Dulux se Night Jewels 3 gebruik. Die muurprent het sy self geskilder met behulp van ’n oorhoofse projektor en ’n antieke ets uit ’n plantboek. Die rooi ligte en tafel vorm ’n mooi kontras met die donker muur en die rak vol wit breekgoed.

mure2

FOTO Ryno

 

3. In die leefkamer

Diepblou (Nautilus van Plascon) sorg hier vir ’n gevoel van rustigheid. Die minimum bykomstighede is nodig.

mure 3

FOTO Plascon

 

4. In die slaapkamer

Donker mure pas goed in ’n slaapkamer. Dit stimuleer slaap en is kalmerend. Dulux se Steel Symphony 2 is ’n veelsydige grysblou.

mure 4

FOTO Henk Hattingh

 

5. In die badkamer

Hierdie badkamer verskaf eindelose plesier aan die huiseienaars. Die antieke marmerwasbak is gemonteer op ’n verseëlde betonblad en vorm ’n mooi kontras met die middernagblou mure. ’n Soortgelyke kleur is Sapphire Springs 2 van Dulux.

mure 5

FOTO Henk Hattingh

 

Lees nou

Skep warmte met tafellampe

Kies die regte koffietafel

5 feite oor organiese katoen

The post Donker mure appeared first on SARIE.

’n Hekelblokkie soos Ouma s’n

$
0
0

As jy wil leer hekel, is dít die maklikste blokkie om mee te begin. 

As jy nie self wil hekel nie, kan jy gerus die PIP-hekelprojek van ’n groep bejaardes in die omgewing van Riebeek-Wes en Riebeek-Kasteel ondersteun. Hul onderneming om besig te bly en ’n ekstra geldjie te verdien het uitgekring na ander vroue in behoeftige gemeenskappe. Elke vrou wat ’n bydrae lewer, word betaal vir haar werk. Besoek PIP om die produkreeks en kleuropsies te sien, of om aanlyn te bestel.

Edit Resize-3919

FOTO PIP

Ouma-hekelblokkie

Benodigdhede

Resbietjies dubbeldraad in 4 verskillende kleure, 4 mm-hekelpen

Afkortings

Gp(e) – groep(e); gs – glipsteek; her – herhaal; ks – kettingsteek(steke); lb – langbeen; rdte(s) – rondte(s); sp(s) – spasie(s); vlge – volgende

Hekel een blokkie s

Hekel 6 ks, las met ’n gs in 1e ks om ’n ring te vorm.

1e rdte: 3 ks (= telkens 1e lb), hekel 23 lb in ring, las met gs in 3e ks.

2e rdte: 3 ks, slaan 3 lb oor (insluitend die een onder 3 ks), * 6 lb in vlg sp (steek pen in sp tussen die onderste rdte lb), slaan 3 lb oor, 3 lb in vlg sp, slaan 3 lb oor, her rondom van * tot 4 hoeke van 6 lb gevorm is (met een gp van 3 lb tussenin) en las aan 1e lb.

3e rdte: Neem vlge kleur; 3 ks, 6 lb tussen 6 lb van hoek, 3 lb in vlg sp, slaan vlg gp 3 lb oor, 3 lb in vlg sp, hekel sό verder tot rdte voltooi is, eindig met 2 lb (dit voltooi die laaste 3-lb-gp saam met 1e 3 ks).

4e rdte: Neem vlge kleur en hekel soos vorige rdtes, maar met 3 gpe van 3 lb tussen hoeke.

5e rdte: Neem vlge kleur en hekel soos 4e rdte, maar met 4 gpe van 3 lb tussen hoeke. Wissel ligte en donker kleure af en heg af.

Afwerking

As jy dit rondom ’n kombers wil vaswerk, meet hoeveel blokkies benodig word om rondom 4 sye te gaan. Werk dan blokkies aan mekaar tot 4 lang stroke, werk ook oortollige drade weg. Werk stroke met die hand en met gewone masjiengare en naald rondom kombers vas.

Selfs eens van SARIE voorbladgesig se top-10 Nicole Lamberts hou van hekel. Op Sondag word die wenner aangewys in Kaapstad!

Een van ons SARIE se Top 10 Voorbladgesig-finaliste Nicole Lamberts is besig om te hekel FOTO Phylis Green

Een van ons SARIE se Top 10 Voorbladgesig-finaliste Nicole Lamberts is besig om te hekel.
FOTO Phylis Green

Lees nou

Donker mure

Maklike strepieskombers om te hekel

Bling jou fotoraam binne minute

The post ’n Hekelblokkie soos Ouma s’n appeared first on SARIE.

Hallo, lente!

$
0
0

Kom, raak kreatief op lentedag. Al het jy net ’n enkele blom, kan dit steeds lente spel. Of maak ’n groepie tuinblomme in mooi glase of vase.

1. Eksoties

’n Enkele orgidee-stingel is net so treffend soos ’n hele bos blomme en hou boonop weke lank. Kyk hoe mooi is ouwêreldse blomme soos angeliere en hanekamme wat styf teenmekaar ingesteek is. Gebruik kontrasterende vase saam.

lente 1

FOTO Ryno

 

2. Romanties

Hierdie is nou regtig ’n koek sonder kalorieë! Jy het 2 oase-ringe en ’n oase-bal nodig. Week dit oornag in water en laat die ergste water uitdrup. Druk een van die ringe se middelstuk uit en sit die ringe opmekaar met die uitgedrukte een bo. Steek die ring toe met mooi blare (ons het lamsoortjies gebruik) en spelde sodat die oase glad nie wys nie. Sny ’n stukkie van die bal af sodat dit kan staan en sit die bal in die gat. Steek rose (of enige ander blomme) dig opmekaar totdat dit bedek is. Sit tiekievaring of ander fyn takkies bo-oor. Bind ’n lint om en plaas op ’n koekbord- of staander.

sr0105kreatief1.tif-1133364945

FOTO Inge Prins

 

3. Driekuns

Glas-teekoppies maak ook mooi blompotte. Vul met ’n klein bietjie water en plaas ’n blom in elk. Plak ’n klein stukkie wondergom onderaan elke koppie en moenie jou toring te hoog maak nie.

sr0701woon11.tif

FOTO Ryno

 

4. Glansryk

Pak jou mooiste gekleurde glase en blompotte op ’n skinkbord uit en rangskik enkele blomme daarin vir ’n eksotiese voorkoms wat min geld kos.

decor, ideas, home

FOTO Ryno

 

5. Ongewoon

Gebruik ongewone houers soos hierdie mengbak en maatkoppies, of selfs ’n glasklok om jou blomme in te rangskik. “Rek” jou blomme deur een eksotiese bos blomme te koop, soos lelies, en vul dit aan met blomme en blare uit jou tuin.

lente5

FOTO Ryno

Lees nou

’n Hekelblokkie soos Ouma s’n

Donker mure

Maklike strepieskombers om te hekel

The post Hallo, lente! appeared first on SARIE.


Maak só met ’n glasklok

$
0
0

’n Glasklok het baie meer gebruike as om net ’n koek of kos te bedek.

1. Versier jou kombuisrakke daarmee. Plaas dit oor spesiale fyn koppies of antieke messegoed.

glasklok1

FOTO Ryno

 

2. Maak jou eie glasklokke deur glase oor klein fluweelkussings (wat jy sommer self maak) om te keer. Stal jou juweliersware daaronder uit.

home, decor

FOTO Ryno

 

3. Verwelkom lente: Plaas ’n vars blaar of ’n varingkrul in ’n glasie met klam mos. Strooi so ’n bietjie mos op ’n groot bord of ’n houtskyf en keer die glasklok daaroor om.

decor, ideas, home, green, eco-friendly

FOTO Ryno

 

4. Stal mooigoed daaronder uit. ’n Fraai koppie of ’n kleurryke opgerolde lint lyk net so mooi soos blomme.

home, decor

FOTO Ryno

 

5. Gebruik dit in ’n groep. Dek jou poedingtafel met al die glasklokke wat jy besit. Plaas onder party poeding en onder ander blomme.

home, decor

FOTO Ryno

Lees nou

’n Hekelblokkie soos Ouma s’n

Donker mure

Maklike strepieskombers om te hekel

The post Maak só met ’n glasklok appeared first on SARIE.

5 tuinwenke vir lente

$
0
0

Met die eerste groen botsels wat uitkom, is dit nou die tyd om in te spring en aandag aan jou tuin te gee. Al woon jy in ’n woonstel, is daar altyd plek vir ’n pot met iets groens. Jy kan gerus ’n potplant of twee plant, όf ’n paar kruie in jou vensterbank sit. Onthou, ’n dik laag kompos is die beste medisyne vir ’n mooi tuin of pot.

1. Groentetuin

As jy ’n groentetuin beplan, hou in gedagte dat dit tyd, water en BAIE kompos verg. Maak dit funksioneel met kleiner beddings en paadjies van grysklippies sodat jy maklik kan loop tussen die verskillende areas. Plant stinkafrikaners tussen die groente, want dit dien as natuurlike afskrikmiddel vir insekte.

tuin1

FOTO Ryno

2. Lok voëls

Hang iets interessants in jou tuin op waarin jy voëlsaad kan sit. Dis heerlik om dop te hou hoe die voëltjies kom saad pik. Grasperke moet nou gereeld gesny word om ontslae te raak van wintergrasse en onkruid. Strooi organiese komposkorrels wat nie die gras sal brand nie.

tuin2

FOTO Henk Hattingh

 

3. Pot-installasie

’n Potterak op jou woonstel se balkon kan ure se plesier verskaf. Goeie plantkeuses is malvas, laventel en vetplante. Gebruik vloeibare plantvoedsel om dit gereeld mee te voed.

tuin3

FOTO Ryno

 

4. Plante in groot potte

Plante in potte is geneig om ná ’n lang ruk te verpot. Dis nou die tyd om dit uit te haal, te verdeel en nuut te plant. Was die binnekant van elke pot mooi skoon en plaas ’n laag spoelklippies onderin. Gebruik nuwe potplantgrond en meng dit met ’n paar hande vol kompos en ’n bietjie beenmeel. Woel die plantwortels effe los voor jy dit weer plant. Maak goed nat.

tuin4

FOTO Henk Hattingh

 

5. ’n Pottetuin
’n Verskeidenheid plante maak ’n mooi pottetuin. Hier’s ’n oulike plan met 5 potte. Vul elk driekwart met potplantgrond en stapel opmekaar. Kompakteer die stapel sodat dit stewig staan voordat jy begin plant. Plant vetplante en waterwys grondbedekkers al om die rande. Hier is woestynrosies, sedum en crassula gebruik.

tuin5

FOTO Henk Hattingh

Lees nou

Hallo, lente!

’n Hekelblokkie soos Ouma s’n

Donker mure

The post 5 tuinwenke vir lente appeared first on SARIE.

Met ’n meter of twee lint kan jy …

$
0
0

… ’n vrolike lentegevoel skep! ’n Lint is nie net vir jou hare of om ’n pakkie te laat mooi lyk nie. Hier is nog planne:

1. Verf ’n tak wit en hang mooi kleurvolle linte daaroor. Hang tussenin klein flessies of botteltjies met ’n enkele blom of takkie in. Die meeste materiaal- en stokperdjiewinkels hou linte aan, of jy kan aanlyn koop by Ebony & Ivory Ribbons.

pink, ribbons, decor, home

FOTO Ryno

 

2. As jy weer ’n koek bak, bind ’n mooi lint of stuk kant daarom, en pleks van botterversiersel bo-op, plaas ’n stensil op die koek en sif versiersuiker daaroor.

sr0605dekor01.tif

FOTO Inge Prins

 

3. ’n Vaal lampskerm kry splinternuwe lewe as jy met ’n gomstiffie lint daarop vasplak.

pink, ribbons, decor, home

FOTO Ryno

 

4. Rond ’n gordyn af deur ’n dubbelgevoude lint aan die borand vas te stik. Knoop dit deur die gordynringe vas.

sr1003dekor

FOTO Ryno

 

5. ’n Eenvoudige bossie blomme lyk luuks en duur as jy die stele met ’n kleurryke lint toedraai en met ’n pêrelspeld vassteek.

sw0911blom (3)

FOTO Ryno

Lees nou

5 tuinwenke vir lente

Maak só met ’n glasklok

Lente is hier! Laai die kalender vir September af

The post Met ’n meter of twee lint kan jy … appeared first on SARIE.

Wenke vir ’n klein spasie

$
0
0

Al hoe meer mense woon in kleiner huise of woonstelle en dis nogal ’n uitdaging om meubels en bybehore te kies wat in ’n beperkte spasie sal werk. Die hooffokus moet gehalte bly, want as jou ruimte min is, is jy heeltyd omring met al jou besittings. 

1. Jou leefarea

Fokus op skoon, eenvoudige lyne. Individuele stoele, potte of tafels wat deurskyn laat ’n vertrek minder beknop lyk. Kies blindings vir jou vensters. Dit is nie so bonkig soos gordyne nie. Rangskik jou meubels om genoeg oop vloerspasie te laat sodat jy vrylik kan rondbeweeg.

ss0107Loldmutual01.tif

FOTO Inge Prins

 

2. ’n Praktiese rusbank

Begin met die belangrikste (en duurste) items eerste.  Belê bv. in ’n leerbank met ’n natuurlike kleur soos dié een van Weylandts (vanaf R19 000,95), wat ook kan dien as ekstra slaapplek.

 

 3. ’n Ronde mat

Ronde vorms is minder steurend op die oog as hoekiges en jy kan dit maklik rondskuif. ’n Los mat moet ook nie te klein wees nie. Die ronde mat van natuurlike goiing (R1 595) is van Weylandts.

 

4. Ligte wat hang

Beligting is baie belangrik in enige vertek. In ’n klein spasie wil jy die oog opwaarts lei – ’n slim plan is om ’n tros liggies te laat installeer wat uit die plafon hang. Die liggies is individueel bestelbaar (R544 elk) by Robert Thompson.

 

5. Glas-koffietafels

’n Nessie van ronde glasblad-koffietafels (R1 800 vir 2, Mr Price Home) is die perfekte keuse en jy kan dit saamgroepeer of maklik rondskuif soos jy wil. Die rondings werk ook baie beter as skerp hoeke.

Lees nou

Met ’n meter of twee lint kan jy …

5 tuinwenke vir lente

Maak só met ’n glasklok

The post Wenke vir ’n klein spasie appeared first on SARIE.

Nooi lente binnetoe

$
0
0

As die bome begin bot, begin jou hande mos jeuk om jou huis reg te trek. Met klein, bekostigbare veranderinge kan jy ’n groot verskil maak.

1. Met verf, lap en papier

Verf ’n klein sytafel wit of roomkleur. Maak of koop ’n groot blomkussing en sny ’n swerm swaeltjies uit stewige papier en druk met wondergom teen jou muur vas. En natuurlik, altyd ’n bos vars blomme of blare. Wenk: Geblomde gordyne raak nou weer mode.

lente1

FOTO Ryno

 

2. Raam dit

’n Mooi raam en ’n stuk afvalmateriaal of geskenkpapier maak ’n bekostigbare kits-skildery.

lente 2

FOTO Ryno

 

3. Lente in die slaapkamer

Maak van ’n stuk sagte geblomde katoen (sommer rokmateriaal) ’n ekstragroot slaapkussing (Woolworths en @home hou dit aan). Sit ’n potplant voor jou bed en versier jou deken met laprose en ’n stukkie lint as stam. Werk met die hand vas sodat jy dit weer kan lostorring as jy moeg is daarvoor.

sr0607dekor04.tif

FOTO Inge Prins

 

4. Plan met ’n lint

Wie hou nou nie van’n lint nie. As jy weer blomme insteek, plaas ’n lengte lint langs die vaas, sommer net vir die mooi.

lente 4

FOTO Henk Hattingh

 

5. Heeljaar bloeisels

Soek op die internet na ’n mooi bloeiseltak-ontwerp, vergroot dit op die fotostaatmasjien tot ’n grootte van jou keuse. Teken dit na op jou muur en verf dit met stokperdjieverf of oorskiet-muurverf.

lente 5

FOTO Ryno

 Lees nou

Met ’n meter of twee lint kan jy …

5 tuinwenke vir lente

Maak só met ’n glasklok

The post Nooi lente binnetoe appeared first on SARIE.

Viewing all 163 articles
Browse latest View live